Odendaal & Julize

0 0
Read Time:1 Minute, 56 Second

Wedding| Boegoeberg 4×4|14 April 2018

Sjoewee waar begin mens die storie… Ek ken vir OD van universiteits/tech dae af, toe hy destyds nog by die Albertse op die plaas kom kuier het saam met Louis en Rikus.. Hemel om terug te dink daaraan laat my heimwee kry.

So het ons almal mos maar ons paaie gestap totdat ek eendag hier in die jaar op Facebook ‘n boodskap van OD kry…dit was die volgende dag wat hy bel en se ons moet hul troufotos kom neem. My genade min wetend dat hierdie die troue van die eeu gaan wees..Man ek se jou Harry en Meghan weet niks van troue hou as jy by die Koen bruilof was nie…NOTHING COMPARES!

Die twee het my kom sien en daar is net geen manier hoe jy NIE van Julize kan hou nie…en soos een van die gaste op die troue gese het…SY is OD se vrou. Die skrif was teen die muur en die twee wou duidelik net niks anders doen as trou nie, hulle het ‘n venue gehaad, n rok n DJ en gaste en ‘n predikant en dis dit…die logistics dink ek was vir hulle so bietjie van ‘n ontnugtering J

 

Wel nie te min julle het die Bruilof van die jaar gehou…basta met die gewone manier van dinge doen, dit word gedoen op die manier wie hulle is…so ongelooflik gewees.

Ons het ‘n finominale fotosessie ervaring gehaad met ‘n 4×4 trip op na die berg en het die son sien sak en epiese herhinneringe in fotos vas gevang.

 

Julize en OD DANKIE DANKIE DANKIE dat julle my gevra het om hierin te kon deel, dit was vir ons verby AMAZING! ‘n troue wat 3 dae lank duur, en die aand van die troue kuier die mense tot 5 am die oggend..dit is net asof die mense nie genoeg kan kry van mekaar nie..

Wat ‘n voorreg!

Spyserniering en Decor: Enbur Events

DJ en vermaak : Arno Jordaan

Prediker: Rikert Botha

Bruid se rok: Elizabeth Stockenstroom

Blomme: SPanpoging vir almal wat wou help (Whoop whoop)

Venue: Julize se pa se plaas Boegoeberg 4×4 ( maak ‘n plan en bespreek ‘n kamplek vir ‘n naweek jy sal nie spyt wees nie)

Makeup en Hare: Betice Smith

 

 

 

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %
Previous post Regard en Tanja
Next post Rudolf en Belinda

Average Rating

5 Star
0%
4 Star
0%
3 Star
0%
2 Star
0%
1 Star
0%

Leave a Reply